News
NAU News: Dare to Care golfdag 2010
Published: Feb 16, 2010 - 01:35 PM
Dare to Care golfdag vind vanjaar op Vrydag, 19 Maart 2010 in Windhoek plaas
Groot pryse kan die jaar by die Dare to Care golfdag gewen word. Die koste beloop N$2 500 per span (van 4 spelers) en na afloop van die prysuitdeling word ‘n braai aangebied en gades van die golfspelers kan ook saam eet teen N$70 per persoon. Ons wil ook graag Shoprite bedank wie vanjaar weer die hoofborg van die golfdag is. Hulle was alreeds die hoofborg in 2007 by die golfdag wat in Walvisbaai gehou is. Vir verdere besonderhede en inskrywings kontak asb Erika by Tel 061 237838, Faks 061 220193, evg@agrinamibia.com.na




